NamWater se pyplyn steeds stukkend

Die pyplyn tussen NamWater in Okahandja en Windhoek is nog nie herstel nie. Die stelsel het Sondagoggend weer gebreek, op dieselfde plek as op 10 Februarie. Daar is groot kommer oor die NamWater-reservoir wat leeg is maar, Stad Windhoek benut weer sy boorgate en sal later vandag water oorpomp van die suidelike reservoirs na die van die noordelike voorstede wat op die oomblik onder druk is. Volgens inligting, het NamWater nie die korrekte toerusting om die pyplyn te herstel nie en daar sal vandag dringend in die verband ingegryp word. Windhoekers word gemaan om spaarsamig water te gebruik.