Vrae oor die huiwerigheid van GRN oor basiese toelaag

Die Namibiese regering het, in reaksie op toenemende druk vir ‘n basiese inkomste toelaag, gesê begunstigdes van die Voedselbank sal voordeel trek. Maar, die koalisie wat hom plaaslik beywer vir die toelaag sê dit vorm deel van ekonomiese herstel en stimulus. Rosa Namises van die koalisie sê daar is ‘n groot hoekom-vraag oor hoekom daar ‘n politieke wil is wat huiwerig is oor hul aanbevelings. Sy het gesê hulle sal voortgaan om die regering te probeer oortuig.