SA-drankbedryf kan nie nog askynsverhogings bekostig nie

Die Nasionale Drankhandelaarsorganisasie in Suid-Afrika doen ‘n dringende beroep op die minister van finansies, Enoch Godongwana, om nie Woensdag tydens sy begrotingsrede die aksynsbelasting op alkohol te verhoog nie. Die organisasie se woordvoerder, Lucky Ntimane, sê aksynsbelasting op alkohol het sedert 2000 viervoudig toegeneem, in die hoop dat groot drinkers ontmoedig sal word om te veel te drink. Dit het egter nie gebeur nie. Hy sê die land se alkoholbedryf kan nie nog knellende maatreëls bekostig nie: