Landbou: Gebruik bepaalde oppervlak vir sonkrag en vir produksie

‘n Verteenwoordiger van die Stigting vir Hernubare Energieoplossings vir Afrika, Paulo Cutrone, sê voedsel-, water- en energiesekerheid, en werksgeleenthede is verstrengel in Suider-Afrika, maar agrivoltaïese metodes kan ‘n oplossing bied. Agrivoltaïsme beteken dat ‘n bepaalde oppervlak gebruik word vir sonkrag én landbou-produksie. Cutrone sê die infrastruktuur wat verband hou met agrivoltaïsme maak dit ook moontlik om reënwater op te vang en ander doeltreffende waterverbruik-metodes toe te pas.