NamRa poog vir doeltreffendheid

Namibië Inkomste-agentskap, NamRA, sê hulle streef daarna om die beste in die wêreld te wees en daarom belê hulle in die bou van kapasiteit. Volgens die uitvoerende hoof, Sam Shivute, word hul spanlede deur die beste opgelei met die Internasionale Monetêre fonds en die Afrika Belastingadministrasie Forum wat tegniese hulp aan NamRA verleen het.