Myne moet begin ‘doen’ oor volhoubaarheid

Baie mynmaatskappye in Suid-Afrika sê die regte dinge oor die insluit van volhoubaarheid in hul beleidsrigtings en gedragskodes, maar hul dade stem nie altyd daarmee ooreen nie. Só meen Charl van der Merwe, wat onlangs sy meestersgraad in Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch behaal het. Hy het probeer vasstel in watter mate mynmaatskappye se omgewingskodes en -optrede tot volhoubare ontwikkeling bydra. Sy navorsing het gewys dit word nie deur ‘n etiese benadering aangedryf nie: