NamRA ondersoek nog ‘n bedrogspul

Plaaslike media berig dat NamRA ‘n belasting terugbetaling bedrogspul ondersoek. Die inkomste-agentskap sê dat individue van meer as 41 instansies het oor ‘n periode sewe jaar, jaarliks tussen 100 000 en 300 000 Namibiese dollar in terugbetalings ontvang waarop hulle nie geregtig was nie. NamRA sê die totale fondse beloop meer as 70 miljoen dollar. Die agentskap wend op die oomblik pogings aan om belastinginkomste vir die regering te verbeter en volgens die jongste syfers is die belasting nakomingskoers net 57 persent.