SA-staatsamptenare staak môre

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatsamptenare wat byna 235 000 werknemers verteenwoordig, sê hulle begin môre met ‘n nasionale staking. Salarisonderhandelings tussen die regering en vakbonde het ‘n dooiepunt bereik, nadat die werkgewer ‘n verhoging van 3 persent aangebied het, terwyl vakbonde tussen 6,5 en 10 persent eis. Die vereniging se woordvoerder, Reuben Maleka sê hulle sal slegs terugkeer werk toe wanneer die regering ‘n aanvaarbare aanbod maak: