Nampu lewer skerp kritiek teenoor Sade Gawanas, LPM

Die Namibiese vakbond vir die media, Nampu, het hom sterk uitgespreek oor die LPM-lid en Windhoek-burgemeester Sade Gawanas, wat volgens Nampu, skermskote van haar gesprek met ‘n joernalis van ‘n Namibiese weeklikse koerant op haar sosiale media platforms, met sy nommer sigbaar, gedeel het. Blykbaar was die joernalis geteister deur haar ondersteuners en lede van die party het ook by sy werksplek opgedag. Sakeus Iikela, sekretaris-generaal van die vakbond, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.