Konstruksiebedryf het ook kommer oor FIMA

Die Namibiese Konstruksie-federasie het sy kommer uitgespreek oor die FIMA-wetgewing wat op 1 Oktober in werking sou tree maar nou weer onbepaald uitgestel is deur die minister van finansies Ipumbu Shiimi. Bärbel Kirchner, hoofbestuurder van die federasie sê dat hoewel die beginsel van “verpligte bewaring” heroorweeg sal word, is die bedryf nie bewus daarvan dat die dag van implementering uitgestel is nie. Een van nou omstrede implikasies van FIMA is die bewaring van 75 persent van ‘n lid se pensioengeld. Maar, Kirchner sê alle fondse moet weer by Namfisa registreer wat uitgebreide administratiewe werk verg en die kleiner fondse het dalk nie die hulpbronne het om aan hierdie vereistes te voldoen nie en nie kan bekostig nie. Die boetes vir oortreders wek ook kommer.