Aanvalle deur veghonde duur in SA voort

Die vlaag aanvalle deur Amerikaanse veghonde op mense in Suid-Afrika duur voort, te midde van ‘n versoekskrif wat die ronde doen om die honde as huisdiere te verbied. So ‘n verbod is reeds in verskeie ander lande van krag. In die jongste voorval in Suid-Afrika het ‘n veghond ‘n 15 maande oue baba in Oos-Londen doodgebyt. Die woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, Tembinkosi Kinana, sê ’n geregtelike ondersoek is ingestel en die voorval is ook by die plaaslike DBV aangemeld: