Nampol-hoof vaar uit oor dislojale polisiebeamptes

Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, sê Nampol sal geen wangedrag deur polisiebeamptes by die werk of binne gemeenskappe duld nie. Luitenant-generaal Ndeitunga het in die Otjozondjupa-streek uitgevaar teen polisiebeamptes wat nie lojaal is nie en sê hulle destabiliseer sekuriteit.