Namibiese kommunale bewaringsgebiede kry bykomende hulp van N$28,3 miljoen

Die Namibiese omgewingsministerie se Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronne Bestuursprogram het tot op hede hulp van 44,7 miljoen Namibiese dollar aan gemeenskappe in kommunale bewaringsgebiede tydens die Covid-pandemie verleen vir die herstel van die toerismesektor. ‘n Bykomende 28,3 miljoen dollar is vir toerisme-besigheidsondersteuning vir lodges, kampeerterreine en klein en medium ondernemings geskenk om te verseker dat hul besighede in bedryf bly, het die omgewingsminsiter, Pohamba Shifeta, vandag op Otjiwarongo bekend gemaak. Tydens die opening van die vergadering het die Otjozondjupa-streeksgoewerneur, James Uerikua, leiers van kommunale bewaringsgebiede gewaarsku om op bewaringsake te fokus en politiek te laat staan.