Nampol: 19 op Otjiwarongo vas oor oortreding van Covid-regulasies

Die Namibiese polisie op Otjiwarongo het 19 mense in verband met die oortreding van die Covid-regulasies in hegtenis geneem. Volgens die polisiewoordvoerder van die Otjozondjupa-streek, inspekteur Maureen Mbeha het die 19 mense partytjie by ‘n huis in die DRC informele nedersetting gehou. Tien van die mense het ook nie maskers gedra nie. Die 19 mense sluit ‘n 31-jarige musikant in wat die gasheer van die partytjie was, asook 12 mans en ses vroue tussen die ouderdom van 23 en 37 jaar. Mbeha het gesê al die verdagtes sal na verwagting boetes van 6 000 Namibiese dollar elk moet betaal.