IPPR sluit by Amnestie aan vir inentingsveldtogte

Met Suider-Afrikaanse lande wat tans ‘n derde vlaag van die Covid-pandemie ervaar, het Amnestie Internasionaal en 27 ander nie-regeringsorganisasies ‘n beroep op streeksleiers, sakelui, buitelandse regerings en skenkers gedoen om pogings en hulpbronne op te skerp om so gou as moontlik soveel mense in te ent. Die plaaslike Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ook die ooreenkoms van Amnestie Suid-Afrika onderteken om die inentingspogings in die streek te versnel. Graham Hopwood, direkteur van die instituut, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.