Chinese President maan konfrontasie tussen groot moondhede kan tot katastrofe lei

China se president Xi Jinping het gewaarsku dat konfontrasie tussen groot moondhede, katastrofiese gevolge kan inhou. Hy het wêreldleiers in ‘n toespraak op ‘n virtuele Davos-forum toegespreek. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat die samekoms van politieke en korporatiewe leiers in die Switserse Alpe aanlyn gehou word weens die Covid-pandemie. Internasionale nuusagentskappe berig dat Xi China voorgehou het as ‘n rare pandemiese suksesverhaal wat die enigste belangrike ekonomie is wat voortgaan om sterk groei te toon.