Vrou lewenslank tronk toe na verkragting van verstandelik gestremde man

‘n Suid-Afrikaanse vrou is tot lewenslange tronkstraf gevonnis weens die verkragting van ‘n 21-jarige verstandelik gestremde man by sy huis in Krugersdorp, Gauteng. Die 55-jarige vrou is gehuur as die slagoffer se versorger. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Sello, sê sy het die slagoffer verkrag en hom seksueel aangerand terwyl sy ouers nie tuis was nie.