Namibiese skrywer hou sy boekbespreking op 3 Oktober in Windhoek

Die bekroonde Namibiese skrywer Zirk van den Berg gaan op Maandag 3 Oktober ‘n boekbespreking oor sy boek, Die Onsigbare Pou, by The Book Den in Windhoek hou. Marianne Zappen-Thomson gaan om ses-uur die aand met Van den  Berg gesels. Van den Berg het uit Nieu-Seeland aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy is opgewonde om in sy geliefde geboorteland te kom kuier.