Vragmotorbestuurder staan tereg op 20 aanklagte van strafbare manslag

Die vragmotorbestuurder wat betrokke was by die ongeluk op die N2 wat Vrydag die lewens van 20 mense geëis het, het vandag in die landdroshof op Pongola in KwaZulu-Natal verskyn. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson-Kara, sê die 28-jarige Sibusiso Siyaya staan tereg op 20 aanklagte van strafbare manslag.