Namibiese regsverteenwoordiger sê dis reg dat Namibië buite stemming bly by VN

‘n Namibiese regsverteenwoordiger sê volgens Namibië se
Grondwet is dit reg dat die Namibiese regering buite stemming gebly het by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering oor die Russiese-Oekraïnse konfliksituasie. Hy het gereageer op Namibië wat een van die 35 lande was wat buite stemming gebly het toe die VN se Algemene Vergadering gestem het oor ‘n resolusie waarin Rusland se optrede in die Oekraïne veroordeel word. Namibiërs wil steeds weet waarom die Namibiese regering op die draad sit en nie kante in die konflik tussen Rusland en die Oekraïne kies nie. Kadhila Amoomo verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom Namibië buite stemming bly.