Eskom stel weer fase 2-beurtkrag in

Eskom het fase 2-beurtkrag vanaf 5-uur vanmiddag ingestel. Die onderbrekings is as gevolg van talle onderbrekings in opwekkingseenhede binne die afgelope 24-uur. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om te help om die uitwerking van beurtkrag te beperk deur minder krag te gebruik en alle nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.