Geen meer video’s van minderjariges sonder toestemming

Individue wat video’s van minderjariges verfilm en deel sonder toestemming kan tien jaar tronkstraf in die gesig staar. Dit volg nadat verskeie video’s van laerskool-leerders gewild geraak het op sosiale media-platforms sedert skole heropen het. Die nuwe Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting verbied die verspreiding van persoonlike inligting sonder die toestemming van die individu. Die inligtingsreguleerder se woordvoerder, Allison Tilley, sê voortdurende oortredings kan ook lei tot ‘n boete van tot 10 miljoen rand.