Namibiese Raad van Kerke boos oor registrasie-vereistes

Die beroep deur die Finansiële Intelligensie-sentrum op alle nie-winsgewende organisasies om by die sentrum te registreer en jaarlikse opgawes in te dien, lok hewige reaksie uit. Volgens die sentrum is dit wet dat alle geloofsgebaseerde instansies sowel as instansies wat liefdadigheidswerk doen, geregistreer is. Alle dokumentasie, insluitend registrasie onder afdeling 21, sowel as inligting oor die stigters, en alle oudits moet aan die sentrum verskaf word. Die sekretaris-generaal van die Namibiese Raad van Kerke, Ludwig Beukes het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die kerk se ontevredenheid hieroor gedeel.