Namibiese Produsente Prys-indek: Pryse van Koeldranke en gebottelde water styg

Die vervaardiging van koeldrank en produksie van mineraalwater en ander gebottelde water in Namibië het gedurende die eerste kwartaal van 2022 op 124,6 basispunte gestaan vergeleke met 115,4 basispunte wat in dieselfde kwartaal van 2021 geregistreer is. Dit het gelei tot ‘n inflasiekoers van 8 persent teenoor ‘n laer koers van 5,3 persent wat in dieselfde kwartaal van 2021 aangeteken is. 2021. Dit is volgens die Namibiese Produsente Prys-indeks wat vandag deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gestel is.