Reptile Mineral Resources and Exploration help wildmisdaad in kusparke bekamp

Reptile Mineral Resources and Exploration het padtekens en beskermende toerusting aan die direktoraat van wildlewe en nasionale parke in die omgewingsministerie in die Erongo-streek geskenk. Die padtekens en koeëlvaste en weerkaatsende baadjies sal gebruik word vir teen-stropery en die bekamping van ander wildmisdaad in die Namib-Naukluft en Dorob Nasionale Parke. Die Namib-Naukluft Nasionale Park ervaar ‘n toename in wildstropery, en georganiseerde bosslagtery het ‘n saak van ernstige kommer geword, aangesien dit tans tot meer as 50 persent van alle wildmisdaad in Namibië uitmaak.