Namibiese toerisme-sektor verwelkom skrap van SA Covid-regulasies

Die Namibiese toerisme-sektor het hul reaksie gegee op Suid-Afrikaanse Covid-regulasies wat herroep is. Dit sluit in die dra van maskers, beperkings op die grootte van byeenkomste en die toetsing vir Covid-19 by grense. Die Namibiese toergids, Joseph Kafunda, verwelkom die skrap van die regulasies in die buurland, wat reise tussen die twee lande sal vergemaklik.