Namibiese Privaatskole verwelkom inenting van kinders 12 tot 17 jaar oud

Die Namibiese Privaatskole-vereniging het gereageer op die Namibiese gesondheidsministerie wat nou begin met die inenting van die Pfizer-entstof vir kinders tussen 12 en 17 jaar oud. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Namgombe, het gesê die Wêreldgesondheidsorganisasie beveel Pfizer vir kinders in die ouderdomsgroepe aan. Hy sê kinders tussen 12 en 13 jaar oud het die toestemming van hul ouers of voogde nodig, maar nie kinders tussen 14 en 17 jaar oud nie. Colette Riekert, die voorsitter van die vereniging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit sal goed wees as kinders ook ingeënt kan word.