Lüderitz-hawe wil oorlaai-toevoerdiens in 2022 vestig

Weens die styging van mangaan-uitvoere by Lüderitz-hawe wil Namport in 2022 uitbrei en oorlaai-bedrywighede ondersoek. Dit sal ‘n oorlaai-toevoerdiens behels deur ‘n vaartuig wat by die hawe van Lüderitz gestasioneer sal wees en gebruik sal word om die groter skepe te voer. Dit sal maandelikse uitvoer van mangaan verhoog vanaf die huidige 75 000 metrieke ton tot 180 000 metrieke ton per maand.