Namibiese omgewingsministerier sê leeu was probleemdier

Die Namibiese omgewingsministerie het bevestig die woestynaangepaste leeumannetjie, XPL 131, oftewel Romeo, is weens mens-dier-konflik oos van Sesfontein geskiet. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, ontken Desert Lions Human Relations Aid, bekend as Delhra, se beweringe dat die leeumanntjie as trofee gejag is. Hy was die dominante teelmannetjie van die Hoanib leeu-trop. Muyunda sê aan Kosmos 94.1 Nuus die leeu het vir sewe jaar lank amok gesaai.

Hy vaar ook uit teenoor Delhra wat glo aannames maak.