Namibiese gasvryheidstudent ploeg terug in die land

‘n Jong Namibiër Simon Williams wat gasvryheid deur ‘n internasionale internskap-program vir gasvryheidsonderrig studeer het, het sy studies voltooi en nie tyd gemors om in die land terug te ploeg nie. Hy voel dit is belangrik dat jong Namibiërs met ‘n belangstelling in gasvryheid aan hierdie program deelneem sodat hulle hul kennis en vaardighede kan uitbrei. Hy doen ‘n beroep op Namibiërs om aansoek te doen vir die internskapprogram.