Stad Tshwane se uitvoerende ouditbeampte formeel aangekla

Die raad van Stad Tshwane het hul tyd geneem om te beraadslaag oor die afhandeling van tugstappe teen die hoof uitvoerende ouditbeampte, Moeketsi Ntsimane. Die raad het Ntsimane in Januarie verlede jaar geskors nadat bewerings van seksuele teistering teen hom aanhangig gemaak is. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê Tshwane het Ntsimane formeel aangekla van bewerings van wangedrag en het in April verlede jaar ‘n tugverhoor belê.