Namibiese maroela-olie produkte nou in die VSA beskikbaar

USAid ondersteun ‘n Namibiese maatskappy wie se maroela-produkte nou as kosmetiese olie op oorsese winkelrakke pryk. Taneta Investment is ‘n Namibiese kleinsake-onderneming in vroue-besit wat in 2015 gestig is wat ‘n nis geskep het as ‘n pionier in die produksie van plaaslike maroela-olie in luukse kosmetiese olie. Taneta werk saam met plaaslike plattelandse vroue om pitte van die maroela-vrugte te bekom en kombineer tradisionele kennis met moderne tegnologie om die pitte tot waardevolle maroela-olie te pers. Die maatskappy verhoog verkope plaaslik en internasionaal geleidelik met onlangse bestellings van Europese lande soos Duitsland en Spanje, en ‘n versending van monsters aan ‘n Amerikaanse koper in Julie 2022. Die Amerikaanse ambassade in Namibië se woordvoerder, Tiffany Miller, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.