Gemufde boereoorlog tjokkie verkoop vir duisende

Gemufde sjokolade is kwalik aanloklik, maar as dit ‘n stukkie geskiedenis vasvang, is dit vir die regte koper duisende dollar werd. Dit was duidelik toe ‘n blikkie vol sjokolade uit die Boereoorlog onlangs in Brittanje opgeveil is. ‘n Foto van koningin Victoria pryk op die boksie met die woorde: Ek wens jou ‘n voorspoedige Nuwe Jaar daarop. Hoewel die jaartal 1900 op die boksie staan, is dit in 1899 in York in Brittanje gemaak. Dit is dus 122 jaar oud en die boksie sjokolade is vir sowat 8 770 Namibiese dollar opgeveil.