Namibiese kospryse styg 9,4% in November

Kos en nie-alkoholiese drankies wat 16,5 persent van die Namibiërs se verbruikersmandjie uitmaak, het ‘n jaarlikse inflasiekoers van 9,4 persent aangeteken in November 2022 vergeleke met 5,2 persent gedurende dieselfde tydperk verlede jaar. Op ‘n maandelikse basis het kosprysvlakke vir hierdie 0,6 persent in November, vergeleke met 0,7 persent in Oktober. Die pryse van brood en grane het met 10 persent gestyg, suiker, konfyt en sjokolade met 9,9 persent en koffie en tee met 9,6 persent.