Bottelwater vir kus die voorland

Namibiese kusdorpe staar ‘n waterprobleem in die gesig met watertoer van Walvisbaai en Swakopmund wat vir die volgende twee maande onder erge druk kan wees. Dit is as gevolg van swael-uitbrekings en kragvoorsienings-uitdagings. Die kus-munisipaliteite van Walvisbaai en Swakopmund het inwoners en besoekers gemaan om liewer gebottelde water te gebruik.  Die feesseisoen is hier en talle Namibiërs en toeriste reis na die kus vir die vakansie, daarom is die munisipaliteite bekommerd of daar genoeg water vir almal sal wees. Kosmos 94.2 Nuus het met die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, gepraat.