Boris Johnson maak geld met sy toesprake

Die voormalige Britse eerste minister, Boris Johnson, het glo meer as 21 miljoen Namibiese dollar gemaak uit toesprake sedert hy Downingstraat 10 verlaat het. Volgens die jongste register van parlementslede is Johnson verlede maand meer as 16 miljoen dollar betaal vir drie toesprake in Amerika, Indië en Portugal. Dit is bo en behalwe die byna 6 miljoen dollar wat hy gemaak het in ‘n toespraak in Oktober. Hy het aan sy plaaslike Konserwatiewe Party-tak bevestig hy sal weer as LP staan in die volgende algemene verkiesing.