Richelieu Eagles wen Hongkon met 162 lopies 

Die Richelieu Eagles het vandag hul tweede eendagwedstryd teen Hongkong op die United-sportgronde in die hoofstad met 162 lopies gewen. Hongkong het gekies om eerste veldwerk te doen en die Eagles het 280 lopies in die 50 boulbeurte behaal. Hongkong kon slegs 118 lopies behaal voordat almal uitgeboul is in 41,5 boulbeurte. Namibiese speler Nicol Loftie-Eaton is as speler van die wedstryd aangewys met sy 40 lopies.