Namibiese Hawens-owerheid maan teen swendelary

Die Namibiese Hawens-owerheid het met kommer van die ministerie van onderwys verneem van swendelary wat met Namport verbind word. Na bewering het ‘n sekere Ronny Goeieman verskeie skole namens die Namibiese Hawens-owerheid gekontak en gesê dat daar vraghouers met skenkings uit Europa aan die skool oorhandig moet word, maar die skole moet eers ‘n betaling maak. Elias Mwenyo, die uitvoerende bestuurder van kommersiële dienste by die owerheid sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hierdie swendelary niks met Namport te doen het nie en die publiek moet nie vir hierdie swendelary val nie.