Simonis Storm sê voertuigverkope sal nie noemenswaardig styg

Simonis Storm het die voertuigverkope vir Desember 2021 bekend gemaak. Theo Klein, ekonoom van die makelaarsfirma, sê aan Kosmos 94.1 Nuus invoere van voertuie sal vanjaar uitdagings beleef as gevolg van uitdagings met produksie. Verkope sal ook nie vanjaar noemenswaardig styg nie omdat handelaars rapporteer dat voornemende kopers nie krediet by kommersiële bank kan bekom nie.