Namibiese eierprodusente pleit vir beter beskerming

Die Namibiese Pluimvee-vereniging het gereageer op Namibiese eierprodusente wat die afgelope tyd bedreig word deur ’n toestroming van ingevoerde eiers. Volgens die Namibiese Landbou-unie se finansiële verslag van die derde kwartaal het faktore soos voer- en brandstofpryse ’n uitdaging gebring, en die eiersektor is geen uitsondering nie. Eiers wat teen ‘n goedkoper prys ingevoer word, en meeding met plaaslike eiers wat teen ‘n duurder prys geproduseer word, skep gevolglik ’n ongelykheid en probleem vir die plaaslike eierprodusente. Rene Werner, besturende direkteur van Wentscher Poultry Farm en voorsitter van die Namibiese Pluimvee-vereniging verduidelik hul penarie aan Kosmos 94.1 Nuus.

Werner sê eierprodusente het ‘n mate van beskerming nodig.