Pendukeni roskam korrupte Swapo-lede

Die Swapo-party wat sedert onafhanklikheid die regerende party in Namibië is, was deur talle gerespekteer. Talle Namibiërs het soveel hoop vir die party gehad, totdat korrupte praktyke geopenbaar is wat daartoe gelei het dat ondersteuners vertroue in die party verloor het. Pendukeni Iivula-Ithana, ‘n Namibiese politikus wat Swapo se sekretaris-generaal vanaf 2007 tot 2012 was, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy is teleurgesteld in die mense wat ‘n klad op die party se naam gebring het.