Kenia ervaar brandstoftekorte

Keniaanse motoriste het vandag nog ‘n dag van ernstige brandstoftekorte verduur. Daar is ure-lange rye en streng rantsoenering by petrolstasies, terwyl pompe regoor die land leegloop. Die regering blameer die opgaar van voorraad en paniek-aankope vir die lang rye wat oor die naweek erger geword het. Oliehandelaars sê egter daar is uitstaande subsidie-betalings verskuldig. Die druk het verlede week in die weste van Kenia begin, na ‘n rusie oor subsidiebetalings tussen olie-bemarkingsmaatskappye en die regering.