Namibië steeds die top land vir persvryheid in Afrika

Namibië het sy top posisie in die Persvryheid Indeks van Verslaggewers Sonder Grense op die vasteland behou. Die land is wêreldwyd, 24ste geplaas. Die Namibiese regering het sedert onafhanklikheid baie vryheid aan die pers toegestaan en terwyl daar uitdagings is met toegang tot inligting, kan Namibië se verslaggewers in ‘n veilige omgewing werk. Gwen Lister, Stigter van die Namibiese Media Trust en veteraan joernalis het dit so verwoord…