Hoë Kommissariaat in SA weier bystand vir Lühl

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat Phillip Lühl wat tans in Suid-Afrika is met sy tweeling dogters wat deur middel van ‘n surrogaat gebore is, aansoek gedoen het vir noodreisdokumente vir die twee babatjies by die Hoë Kommissariaat in die buurland maar, dat hulle weier om hom by te staan. Regter Thomas Masuku het Lühl se aansoek in die Hoërhof van die hand gewys omdat hy nie aansoek vir die dokumente gedoen het nie en hom aangeraai om dit te doen. Maar, die Hoë Kommissariaat het hom na die Ministerie van Binnelandse Sake verwys en gesê hy moet direk aansoek in Windhoek doen. Luidens ‘n brief aan die Regerings Advokaat van sy regsverteenwoordiger Uno Katjipuka is Minister Frans Kapofi op rekord dat hy nie die dokumente sal uitreik nie. Katjipuka sê sy sal die aansoek namens hom hanteer omdat hy tans in die buurland is en dat sou Kapofi dit nie so aanvaar nie, dat hy die Hoë Kommissariaat in die buurland instruksie gee om die aansoek te prosesseer.