So lyk die jongste syfers in verband met Covid

Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het 102 gevalle van Covid uit 1 482 toetse vandag bekend gemaak. Windhoek het 32, Hardap 29, almal in Rehoboth, Erongo 17, Otjozondjupa 10, Karas 6 en die res, landwyd versprei. Daar is 24 leerders en 3 onderwysers in die groep. Nangombe het ook die jongste in verband het inentings, sterfgevalle en pasiënte wat herstel het bekend gemaak.