Dwelms van N$500m in Durban gevind

Die Suid-Afrikaanse polisie het op dwelms ter waarde van ‘n half miljard Namibiese dollar by die Durbanse hawe in KwaZulu-Natal beslag gelê. Die Suid-Afrikaanse Narkotika-buro van die Valke in Gauteng, die nasionale kantoor en Durbanse eenhede het aan die operasie deelgeneem. Die span het op inligting gereageer oor ‘n skeepsvraghouer in die hawe. Niemand is nog in hierdie stadium aangekeer nie en die ondersoek duur voort. ‘n Woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale sê die vraghouer het glo onderdele bevat wat vir Scania in Suid-Afrika bestem was: