Namibië sal voedselhulp benodig

Terwyl voorspellings vir rekordoeste regoor die streek gemaak is, het die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie gewaarsku dat voedsel onsekerheid toegeneem het as gevolg van die Covid-pandemie. Die organisasie sê tussen 83 en 132 miljoen mense regoor die wêreld is deur die pandemie na hongersnood gedwing. Namibië is een van die lande wat voedselhulp sal moet ontvang veral as gevolg van die swak ekonomiese toestande en werksverliese. Daar is ook reeds kommer uitgespreek oor die reeds kwesbare situasie in die Kunene-streek wat moontlik kan vererger met voorspellings vir swak reënval. Inflasie en die hoër voedselpryse wek ook kommer vir voedselsekerheid in Namibië.