EU hou rolprentfees – plaaslike rolprente word ook vertoon

Die afvaardiging van die Europese Unie in Namibië in samewerking met die Namibiese Filmkommisie en Filmmakersvereniging gaan ‘n 2021 Euro filmfees hou. Dit sal vanaf 6 Oktober tot 1 Desember by die Village Operahuis in Eros plaasvind. Die fees sal van Namibië se beste rolprente vertoon, asook van die Europese Unie. Twaku Kayofa, woordvoerder van die Europese Unie, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.