Manny tree af, betree politiek

Die twaalfmalige wêreldkampioen Manny Pacquiao het aangekondig hy tree uit die sport om op sy presidentsveldtog volgende jaar in die Filippyne te konsentreer. Die 42-jarige bokser sê dis die moeilikste besluit van sy lewe, maar hy is tevrede daarmee. Pacquiao het in 1995 op 16-jarige ouderdom sy professionele debuut gemaak. Hy was die eerste bokser wat die liniêre kampioenskap in vyf verskillende gewigsafdelings gewen het. Hy is ook die enigste bokser wat kampioenskaptitels oor vier dekades kon hou.