Namibië sal ook baat by groot kankernavorsingsentra in SA

President Cyril Ramaphosa sê die vestiging van die sentrums vir kankerbehandeling en -navorsing in Suid-Afrika gebeur op ‘n tydstip dat servikale kanker toenemend voorkom. Die Suid-Afrikaansgebore stigter van NantWorks, dr. Patrick Soon-Shiong, het die vestiging van die grootste genomika-fasiliteit in Afrika aangekondig. Soon-Shiong het ook bekendgemaak dat kliniese sentra vir uitnemendheid vir die behandeling van kanker en oordraagbare siektes by die Universiteite van Kaapstad, die Witwatersrand, Stellenbosch en KwaZulu-Natal geskep gaan word. Daar word verwag dat Namibiese pasiënte ook voordeel daaruit sal trek. Ramaphosa het tydens die bekendstelling gesê die nuus verander alles vir Suid-Afrika: